
Ek sal vir jou veg
Synopsis
Wanneer Cazlee se pa een aand weer sy hande vir haar lig, slaan sy terug. Voor sy haar kom kry, veg sy elke naweek by ān onwettige vegklub om kos op die tafel te sit en sy dobbelgewoonte te onderhou.
Sy droom van ān matrieksertifikaat en ān lewe ver weg van haar swakkeling-ma, dronklap-pa en ān vegkryt waarin min reĆ«ls geld. Maar haar skoolwerk ly Ć”l meer onder die laatnaggevegte.
Dan sien ān voormalige martial arts-kampioen Cazlee se talent raak. Hy bied haar ān beurs aan by die skool waar hy taekwondo afrig en die kampioentrofee in die visier het.
Ellamay, sy dogter, droom daarvan om in haar kampioen-pa se voetspore te volg. Dat haar pa uit sy pad gaan om eerder van Cazlee ān kampioen te maak, lei tot wrywing tussen die twee meisies.
Dan gaan die wĆŖreld van onwettige gevegte vir Ellamay ook oop. Dinge loop lelik skeef en Cazlee moet 'n besluit neem wat haar hele toekoms kan beĆÆnvloed.





















