
Vreemde dinge kan op 'n Dinsdag gebeur
Synopsis
Barto haat Dinsdae. Niks opwindends gebeur ooit op ān Dinsdag nie. Elke Dinsdag nĆ” skool laai ouma Elsa hom op. Dan gaan hulle biblioteek toe. Dinsdae kuier Ouma en haar vriendinne in die biblioteek se tuin. Hulle drink tee en gesels oor boeke. āGaan soek vir jou ān boek, Barto,ā sĆŖ Ouma elke Dinsdag. Maar Barto het nooit lus nie. Die enigste ander kind wat elke keer daar is, is die geheimsinnige Boekmeisie. Die Boekmeisie het nog nooit ān woord met hom gepraat nie. Hy weet nie eens wat haar regte naam is nie. Maar toe Barto een middag ān bal skop, is dit die begin van ān holderstebolder avontuur ⦠vol betowerende wesens, raaisels en asemrowende aksie.
In hierdie heerlik aweregse, snaakse storie vol trolle, drake, kabouters en ander towerwesens skep Jaco Jacobs ān moderne sprokie wat hulde bring aan die wonder van boeke en die verbeelding ā gepaste temas vir hierdie uitsonderlike skrywer










































































































































































