
AB: Die Outobiografie
Synopsis
AB de Villiers is sonder twyfel een van die beste kolwers wat krieket nog ooit opgelewer het, maar sy prestasies strek veel verder as sy ongelooflike arsenaal dryf-, trek-, skep-, kap- en veeghoue.
Of hy nou die tuisskares by die Wanderers of Nuweland laat jubel, of in Bengaluru of Sydney nuwe rekords opstel, die vriendelike krieketheld speel ān vurige spel wat miljoene Suid-Afrikaners trots maak en altyd ān positiewe beeld van sy land uitstraal.
Dis AB se storie diĆ©, in sy eie woorde ā die verhaal van die jongste van drie talentvolle, sportmal broers se grootwordjare in Warmbad; van ān seun wat in tennis, rugby en krieket uitgeblink het; van ān jong man wat op 20 sy internasionale krieketdebuut gemaak het en in die volgende 11 seisoene vir elke enkele toets gekies is waaraan Suid-Afrika deelgeneem het; van ān kolwer wat besig is om die kuns te herdefinieer, wat onder die wĆŖreld se bestes gereken word in toets- sowel as internasionale eendag- en T20-krieket.
Te midde van die vuurwerke en deurlopende staatmakerspel, bly AB ān ware sportman ā beskeie oor sy eie welslae maar gou om sy opponente lof toe te swaai, altyd gereed om hard te werk, om sy span se volgende uitdaging te aanvaar en om sy land te verteenwoordig ā iets wat hy steeds as ān enorme voorreg beskou.
Hierdie is die verhaal van ān eietydse sportfenomeen.



















