Zelda Bezuidenhout

Zelda is in Zambië gebore en het op Henneman in die Vrystaat grootgeword. Sy het niks van skool gehou nie en het baie gesukkel met wiskunde en wetenskap. Sy kry nou nog gereeld wiskunde-nagmerries. Zelda studeer kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit en werk vir etlike jare as ’n kopieskrywer wat oor alles van petrol tot parfuum moet skryf. Op 56-jarige ouderdom volg sy uiteindelik haar skryfdrome en debuteer met ‘n roman vir volwassenes. Twee tienerboeke volg kort daarna en in 2019 is sy ook naaswenner in RSG se radiodramakompetisie.
Zelda woon op Parys in die Vrystaat saam met haar man, Izak, haar 19-jarige dogter, Mia en twee honde. Wanneer sy nie skryf of lees nie, stap sy graag of beplan vakansie waarvoor sy nie geld het nie en wat selde realiseer.

Books by Zelda Bezuidenhout