Cliffordene Norton

Cliffordene is ’n trotse kaalvoetkind van Barkly-Wes in die Noord-Kaap. Sy het haar BA Honneurs-graad in joernalistiek aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom voltooi en haar loopbaan by Volksblad as vertaler begin. Sy was ook al ’n uitgewer en joernalis en is tans werksaam by die Noordwes-Universiteit as kopieskrywer in die bemakingsafdeling. Sy hou van lees en speelse sarkasme op die regte tyd en is verslaaf aan springmielies en cinnamon buns! Daar het reeds meer as twinting kortverhale uit haar pen verskyn. Om jou te ken is haar eerste boek.

Books by Cliffordene Norton