
Krok en Dil Vlak 1 Boek 8
Synopsis
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om diĆ© opwindende reis mee aan te pak! DiĆ© nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het ān sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, ān knorrige krokodil en ān lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip.
Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy sĆŖ een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. āMy kinders het grootgeword met stories ā van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder ān sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou ān leesreeks skryf wat vir lesers ā en ouers! ā ān prettige storie in elke boek bied, met hope humor."


























































































































































