Skip to main content

Wat’s jou storie? Watermonster

Jaco Jacobs

Illustrated by Alistair Ackermann

Translated by Jaco Jacobs

Ages 5 to 8

Synopsis

’n Splinternuwe Kies-jou-eie-avontuur-reeks uit die pen van Jaco Jacobs. Wat’s die storie met dié boek? Hierdie is nie sommer enige boek nie – dis JOU storie! Dis reg, JY is die hoofkarakter en JY besluit wat volgende gaan gebeur. Lees die instruksies onderaan elke hoofstuk en besluit wat jy volgende gaan doen. Elke keuse lei na ’n nuwe avontuur.

Is jy dapper genoeg om die watermonster te trotseer? Dis jou keuse – jy kan die vakansie saam met jou ouers oorsee gaan, of saam met jou supervreemde tannie Ingrid langs ’n meer gaan kampeer. Tannie Ingrid is ’n wetenskaplike wat reptiele en paddas bestudeer. Wil jy regtig die hele vakansie lank iewers gaan bly waar daar beslis nie Wi-Fi is nie en jy heeldag met jou water-stewels deur ’n vleiland vol paddas moet ploeter? Maar in die donker waters van die meer skuil ’n geheim. ’n Geheim met skubbe en tande. En dalk word dié vakansie die avontuur van ’n leeftyd …

Details

01 February 2026
128 pages
9781779991904
Imprint: Pan Macmillan South Africa Children's Books