Minki deur Jaco Jacobs

Minki in die middel, deur Jaco Jacobs, Geïllustreer deur Tumi K. Steyn

Minki in die middel

deur Jaco Jacobs

Geïllustreer deur Tumi K. Steyn

Minki het twee beste maats - Natalie en Lara.  Natalie is mal oor ponies en gaan aan ’n perdrykompetisie deelneem waar die ruiters en hul ponies soos sprokieskarakters moet aantrek.

Lara neem danslesse en eendag as sy groot is, wil sy ’n ballerina of ’n hiphop-danser word. Wanneer sy hoor van ’n danskompetisie by die winkelsentrum, skryf sy dadelik in.

Minki belowe albei haar maats dat sy hulle sal kom ondersteun, maar dis is net een probleem … die perdrykompetisie en die danskompetisie vind op presies dieselfde tyd plaas. Skielik voel Minki asof sy in die middel van ’n toutrekkompetisie tussen haar twee beste maats beland het. Hoe gaan sy ooit tussen Natalie en Lara kan kies?

Minki In Die Middel

by Jaco Jacobs

Book cover for Minki In Die Middel

Minki se pajamapartytjie

deur Jaco Jacobs

Geïllustreer deur Tumi K. Steyn

Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met ’n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-piñata wat Natalie self gemaak het.

Maar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die llama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die piñata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is ’n reuse-flop! 

Gelukkig het Minki ’n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef …

Minki Se Pajamapartytjie

by Jaco Jacobs

Book cover for Minki Se Pajamapartytjie

Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met ’n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-piñata wat Natalie self gemaak het.

Maar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die llama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die piñata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is ’n reuse-flop!

Gelukkig het Minki ’n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef …

JACO JACOBS

Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 170 boeke vir kinders en meer as ’n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop. Hy spog met 40 bekronings vir sy werk. ’n Goeie dag vir boomklim en Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word is wêreldwyd in Engels uitgegee en vertaalregte is ook verkoop aan Italië, Nederland en Brasilië. Beide boeke was op die langlys vir die vooraanstaande Britse toekenning, die Carnegie Medalje, en is ook tot films verwerk.  Sy topverkoperboek, Suurlemoen!, waarvan daar reeds meer as 100 000 kopieë verkoop is, is is ook tot film verwerk. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetelluislang.

TUMI K. STEYN

Tumi K. Steyn het van kleins af begin teken en prenteboeke versamel. Haar werk het al in kinderboeke, tydskrifte en opvoedkundige publikasies verskyn. Sy hou van die natuur, lees en nuwe potlode. Sy bly in Johannesburg saam met twee besitlike katte.