Oupa Zombie

Deur Jaco Jacobs

Geïllustreer deur Theodore Key

Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reis-programme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan hulle op die koop toe ook hulle droom bewaarheid om die Zambia en Egipte te siene kry!

 

Met Jacobs se sonderlinge kombinasie van humor en die deernisvolle uitbeelding van gesins- en ander verhoudinge, is dit nie moeilik om te verstaan waarom hy die topverkoper-kinderboekskrywer in Suid-Afrika is nie.


Grandpa Zombie

By Jaco Jacobs

Illustrated by Theodore Key

Alex’s grandpa has grey hair and false teeth and he loves watching travel shows on television.  But then he suddenly develops an interest in … BRAIIINNNSSS!


Grandpa is turning into a zombie and if Alex wants to rescue him before the Zombie Squad shows up, he’ll need to come up with a plan (and heaps of broccoli). Their travels to find a cure takes them across Africa – from Zambia to Egypt – and along the way they meet a range of interesting and wonderful characters.


Top selling children’s books author Jacobs uses his characteristic  combination of humour and the compassionate portrayal of relationships between family and friends to create yet another bestseller in the making.


JACO JACOBS 

Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 170 boeke vir kinders en meer as ’n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop. Hy spog met 40 bekronings vir sy werk. ’n Goeie dag vir boomklim en Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word is wêreldwyd in Engels uitgegee. Beide boeke was op die langlys vir die vooraanstaande Britse toekenning, die Carnegie Medalje, en is ook tot films verwerk.  Sy topverkoperboek, Suurlemoen!, waarvan daar reeds meer as 100 000 kopieë verkoop is, is is ook tot film verwerk. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetelluislang.


THEODORE KEY

Theodore Key is ’n vryskut-illustreerder van Kaapstad. Hy het ‘n graad in grafiese ontwerp aan die Universiteit van Pretoria behaal en illustreer kinderboeke, advertensieveldtogte, tydskrifte en koerante.  Wanneer hy nie besig is om te teken nie, swem in die see, lees boeke oor diere en geskiedenis of speel met sy kat.