Jy is wonderlik

Tshwanelo Serumola

01 August 2022
9781776251926

Synopsis

Bruin meisies is uitsonderlik.

Ons maak orals ’n verskil.

Droomskeppers en baanbrekers.

Ons kan enigiets wees wat ons wil.

Bruin meisies is leiers.

Ons volg in die spore

van kampioene en heldinne.

Hulle woorde en dade word deel

van ons liedjies en sinne.

Jy is wonderlik is propvol positiewe boodskappe om bruin meisies te inspireer om hulle drome na te jaag en hulself na waarde te ag. Die boek moedig bruin meisies aan om hulle unieke voorkoms en talente te vier en om uitsonderlik te wees op alle terreine.

Ook beskikbaar in Engels, isiZulu, isiXhosa en Setswana