Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie deur Jaco Jacobs

EK WIL NOU NIE SNAAKS WEES NIE en ander skaterlag rympies


Deur Jaco Jacobs

Geïllustreer deur Robert Dersley

Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?

Kan jy die alfabet van A tot Z burp?

Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg?

Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou?

Wat is die moeilikste vraag op aarde?

Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie SKREEUSNAAKSE rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs! Vyf-en-sestig rympies wat gewaarborg is om jou lagspiere hope oefening te gee. Briljant vir eisteddfods!


JACO JACOBS

Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 170 boeke vir kinders en meer as ’n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop. Hy spog met 40 bekronings vir sy werk. ’n Goeie dag vir boomklim en Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word is wêreldwyd in Engels uitgegee. Italiaanse, Nederlandse en Braziliaanse regte is ook verkoop. Beide boeke was op die langlys vir die vooraanstaande Britse toekenning, die Carnegie Medalje, en is ook tot films verwerk.  Sy topverkoperboek, Suurlemoen!, waarvan daar reeds meer as 100 000 kopieë verkoop is, is is ook tot film verwerk. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogters, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetelluislang.


ROBERT DERSLEY

Robert teken van die môre tot die aand. Hy het die dokter geteken wat teenwoordig was tydens sy geboorte, sy ouers, sy skoolmaats, sy dosente aan die Nelson Mandela Universiteit en al die diere op die plaas in die Vrystaat waar hy nou woon. Hy teken by die huis, in die motor (nie aan te beveel nie) en in sy kantoor waar hy as ’n vryskut-illustreerder werk vir korporatiewe kliente. En nou kan hy uiteindelik sê dat hy ook ’n kinderboek geïllustreer het!

Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie

by Jaco Jacobs

Book cover for Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie

Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?
Kan jy die alfabet van A tot Z burp?
Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg?
Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou?
Wat is die moeilikste vraag op aarde? Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie SKREEUSNAAKSE rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs! Meer as 60 rympies wat gewaarborg is om jou lagspiere hope oefening te gee. Briljant vir eisteddfods!