Lees is maklik en lekker met Krok en Dil!

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak! 


Dié nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het ’n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, ’n knorrige krokodil en ’n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip.

Krok bad.

Dil wil nie bad nie.

Maar dan val Dil in die water ...

Krok se pet is weg.

Dit is nie op die kas nie.

Dit is nie op die bed nie.

Weet Dil dalk waar dit is?

Krok is 'n kok.

Hy wil sop maak.

Maar Dil is lus vir pret ...

Kyk vir Dil!

Hy dink hy is 'n vis. 

Maar hier kom iets met 'n groot vin.

Dil lê op sy rug. 

Hy sien 'n bus ... en 'n mus ...

Maar wat sien Krok?

Kyk vir Dil!

Hy gly op die ys.

Kan Krok ook gly?

Dit is laat.

Krok en Dil kyk na die maan.

Maar dan raak die maan weg!

Waar kan dit wees?

Krok en Dil is by die see.

Dil ry heen en weer op sy branderplank. Wil Krok ook ry? 

Krok sê net: "Nee."

Krok kan toor.

Dil wil ook toor.

Hy kry dit nie reg nie.

Maar Krok maak 'n plan.

Dil maak sap.

Maar wie gaan dit koop?

Die sap is te duur. Die sap is te suur.

Kan Krok 'n plan maak?