Nicole en Appelliefie deur Wendy Maartens

Nicole en Appelliefie: Die heel beste geskenk en Nicole en Appelliefie: Die nuwe maat

Nicole en Appelliefie: Die heel beste geskenk

Wendy Maartens 

Geïllustreer deur Yolandi Prins

Nicole en Pappa trek in ’n nuwe huis in Kaapstad in ná die dood van haar ma. Die nuwe huis voel vreemd en leeg, en Nicole mis vir Mamma vreeslik.

Wanneer Nicole verjaar, neem Pappa haar na die middestad om roomys te eet en vir haar nuwe skoene te koop. Hier ontdek hulle ’n beseerde gansie wat hulle saamneem huis toe.

Hulle bure help om die gansie gesond te kry en sommer gou voel die nuwe huis en straat soos ‘n ware tuiste. 

Nicole en Appelliefie

by Wendy Maartens

Book cover for Nicole en Appelliefie

Nicole en Appelliefie: Die nuwe maat

Wendy Maartens 

Geïllustreer deur Yolandi Prins

Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy toe skool neem.

Maar Nicole het steeds nie ’n maat van haar eie ouderdom nie. Iemand wat sy haar BESTE maat kan noem. Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Sy woon oorkant Nicole-hulle en al is sy blind, is sy baie onafhanklik en groot pret. Saam bou die twee maats vir Appelliefie ’n dam, maar hulle kry stry wanneer Nicole vir Zintle met alles probeer help, selfs met die dinge wat sy self kan doen.  Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ’n droogte in Kaapstad. Hoe op aarde gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak? Gelukkig is daar altyd hulp in ’n buurt soos hulle s’n … 

WENDY MAARTENS

Wendy se eerste kinderboek het in 2005 verskyn toe sy ’n onderwyseres vir die grondslagfase was. In 2007 het sy die onderwys vaarwel geroep en ’n voltydse skrywer geword. Sedertdien het sy 52 boeke vir kinders geskryf en word sy beskou as een van die suksesvolste kinderboekskrywers in Suid-Afrika. Sy woon op die Weskus saam met haar kat en papegaai. Sy hou van tuinmaak, bokkoms, vye, tuisgebakte brood en om kaalvoet te loop.  

YOLANDI PRINS

Yolandi Prins is ’n illustreerder van Pretoria. Sy is ‘n kunsonderwyser en het ook sedert 2016 haar eie besigheid, Mooies, waar sy illustrasies op stukke hout skep. Haar ander belangstellings is tuinmaak en fotografie en sy word geïnspireer deur haar twee kinders wat haar nuuskierigheid en speelsheid na vore bring.