Skip to main content

Die Boekwinkel Tussen die Wolke

Jaco Jacobs

Illustrated by Nadia du Plessis

Translated by Jaco Jacobs

Ages 6 to 9

Synopsis

Welkom by Kop In Die Wolke – Ella se gunstelingwinkel op aarde. ’n Plek vol towerkrag, waar wonderlike dinge met jou kan gebeur. Hier kan jy tweedehandse boeke koop wat ruik na raaisels en avonture en dagdrome (en ’n klein bietjie na sweterige sokkies, as ons nou doodeerlik moet wees). En tussen die rakke wag ’n avontuur wat Ella se hele lewe gaan verander … as sy dapper genoeg is.

Iemand probeer seker maak dat die boekwinkel finaal sy deure sluit, maar Ella en haar vriende gaan dit nie toelaat nie, nie eens as dit lewensgevaarlik raak nie. En wie weet, dalk kry hulle hulp uit ’n onverwagse oord – alle boekwinkels huisves mos ’n tikkie towerkrag …

Details

01 October 2021
232 pages
9781776250783
Imprint: Pan Macmillan South Africa Children's Books