Krok en Dil Vlak 2 Boek 1

Jaco Jacobs

Illustrated by Nadia du Plessis

Ages 6 to 9
01 June 2022
9781776251339

Synopsis

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Vlak 2 in die gewilde leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende dubbelklanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip.